Chix:

2018/05/03

NEWS  FLASH  –  Watch this blog –  and you will see , within about 2 – 3 months that

Lavender

is being followed ………………….by

JONAH

 

Chix:

Riets, ek geniet jou boek geweldig baie! Ek trek nou aan die einde van jou boek.

Ek het al snot en trane gehuil oor al die “seer en eina pyn” wat mense aan mekaar doen. 😰💧💦💦 Mens besef nie hoe siek is die mense in hierdie wêreld nie. Mense raak gewoond om met woorde, dade, opmerkings, suggesties, jaloesie en wat nie alles nie mekaar af te breek dat daar niks van mens self oorbly nie. Jesus is die Prins van Vrede maar as n mens goed luister wat om jou gepraat word en om jou gedoen word dan sien n mens maar min van vrede en liefde. Baie BAIE dankie vir hierdie fantastiese boek wat n mens weer trompop in aanraking bring met “abuse” op alle terreine van die lewe. Vroue, kinders, ou mense, sagte mans, gestremde mense, diere en “you name it”!  Dankie ook vir die liefde van die Here wat ek ook in jou boek kon lees om mense te help om “heel” te word. Ek trek nou daar. Gaan eers klaar lees en ek sal die boek weer van vooraf lees om te sien waar ek in my lewe emosionele misbruikte mense kan help? Skitterend geskryf Riets en maklik en lekker gelees. Wat n wonderlike nagedagtenis laat jy vir jou kinders en vir almal wat jou boek gaan lees na. Soveel goeie raad, soveel seer wat vermy kan word vir die mense van hierdie wêreld. Soveel van my eie foute gesien. My morsdood gehuil en gehuil. As n mens net minder selfsugtig kan wees en opreg kan liefhê en mekaar se andersheid kan verdra, kon die aarde n beter plek gewees het. Gelukkig het n n ligte griep en verkoue opgetel na die Bloemskou en moes ek in die bed bly en toe gryp ek my kans en lees “Lavender”. Baie baie dankie Riets! Baie dankie! 💯%😁👍🏻🙏🏻🙌🏻💔💜🌿💜🌿💜🌿💜
5/13/18, 14:22 – Chix: Klaar gelees! 😰😭😰💦💧💦💧💦💧💔💔💔💧💧💧💧

 

Share

By May 17, 2018.  No Comments on Chix:  Uncategorized   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *